News

Koes, hier kom nog ’n kar!

Geen mens is meer op Middelburg veilig nie. Wanneer karre nie deur mure ploeg nie, ry hulle deur heinings of sperrelings.

Sucro Oogkundiges in Lilian Ngoyistraat is reeds besig om hul muur te herstel nadat ’n voertuig Donderdag deur die muur geploeg het.

Me. Johanette Jacobs (bestuurder, Sucro) sê die bestuurder van die voertuig, ’n werknemer van die ‘Mr D’ kosafleweringsbesigheid, het later gesê dat hy uitgeswaai het vir ’n stilstaande kar en toe teen die muur te lande gekom het. Hy is per ambulans hospitaal toe geneem.

Die voertuig van Mr D het van Cowen Ntulistraat se rigting gekom toe die ongeluk gebeur het.

•Na die ongeluk is daar lemmetjiesdraad op die perseel aangebring om kwaaddoeners uit te hou, waarna daar vanoggend met bouwerk begin is om die muur te herstel.

Me. Jacobs sê hulle weet nog nie wat die totale omvang van die skade is nie. Hulle sal eers weet sodra die muur heeltemal herbou is.

•Die werknemer van Mr D is reeds uit die hospitaal ontslaan.

•Die afgelope paar jaar is daar al verskeie mure van huise en besighede in Middelburg platgery.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button