News

Rondgestamp toe hy mense uit pad van giftige gasse wou help

’n Man is Saterdagmiddag by Kranspoort rondgestamp, toe hy op aandrang van die Middelburg Brandweer vir mense gevra het om weg te kom van giftige gasse.

Mnr. Bernard van der Berg was op die Groblersdalpad op pad na Middelburg, toe hulle aan die onderpunt van Kranspoort moes stop, weens die trokongeluk waar die trok en die swael wat hy vervoer het, aan die brand geraak het.

Die trokdrywer is op die toneel oorlede.

“Die brandweer het my gevra om die mense op ’n veilige afstand te hou, aangesien die brandende swael uiters giftig is.”

Mnr. Van der Berg sê daar het ’n groep mans baie naby aan die toneel gestaan en hy het hulle ordentlik gevra om weg te staan.

“Die een man het aan my begin stamp en gevra wie ek dink ek is. Ek het vir hom probeer verduidelik dat die brandweer my gevra het om die mense op ’n veilige afstand te hou, weens die giftige gasse, maar hy was baie aggressief. Ek het die hele tyd kalm gebly.”

Mnr. Van der Berg sê ’n ander man het tussenbeide getree en vir die aggressor gesê hy moet hom uitlos, waarop hulle die aftog geblaas het.

“Ek glo dit gaan iewers op sosiale media uitkom, want daar was mense wat video’s van die gebeure geneem het.”

•Mnr. Van der Berg het goedgunstiglik die foto’s wat hy van die toneel geneem het, vir www.mobserver.co.za beskikbaar gestel.

’n Mens kan duidelik die blou vlammetjies op die teeroppervlak sien, wat ’n aanduiding is van swael wat brand.

Die trok het op die toneel uitgebrand en Kranspoort was vir ure gesluit vir opruimingswerk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button