News

Twéé gevegte in parkeerarea

Daar was die naweek twéé gevegte in die parkeerarea buite Hoofkantoor.

Tydens die eerste voorval is ’n jong man met ’n glas in die gesig geslaan en met die tweede was daar ’n rondstampery.

Iewers tussen al die drama is daar ook wapens gespan en skote gevuur uit ’n voertuig, waartydens drie karre van I-Cars, oorkant Hoofkantoor, raakgeskiet is.

Die drama het al in Hoofkantoor begin toe ’n ouer persoon klaarblyklik moeilikheid gesoek het met ’n jong besoeker by die kroeg.

Alhoewel daar nie op mekaar geskree is nie, het die jong man se vriend die ouer man gevra om asseblief sy vriend uit te los, want “hulle wil net rustig saamkuier.”
Later is die persoon wat vrede probeer maak het deur die ander man gevra om na buite te gaan.

Terwyl hulle buite was, is ’n jong man met ’n glas in die gesig geslaan. Hy is hospitaal toe vir behandeling.

Twee ure later is hy terug na Hoofkantoor om vir die bestuur te sê wat gebeur het in die parkeerarea.

Met hul terugkeer, het hulle gesien dat daar ’n ent verder ’n groep mense is wat in ’n onderonsie betrokke is.
Hulle het ook gesien dat ’n manspersoon ’n vrou probeer regop hou.

Me. Yolandé Featherstone (van Hoofkantoor) sê sy het nie geweet van die gebeure waar die jong man met die glas in die gesig geslaan is nie. Sy het eers daarvan verneem toe hy kort voor 04:00 vir hulle daarvan vertel het.

Sy weet egter van die groep mense wat in die parkeerarea naby I-Cars in ’n woordewisseling was.

“Net voor ons toemaak, gaan ek altyd gou na buite om seker te maak alles is reg en het ek die rumoer in die parkeerarea voor I-Cars gesien.”

Me. Featherstone het na hulle toe geloop en gesien dat “die een jong outjie sy hemp uitgetrek het. Hulle het oor en weer op mekaar geskree en ek het vir hulle gesê om rustig te raak.”

Die een man het vir die groep gesê: “kom ons loop!” en die hele groep het in Cowen Ntulistraat weggestap in Gholfsig se rigting.

“Die klomp mense het almal geloop en ek het terug geloop Hoofkantoor toe. Hulle het wel op mekaar geskree, maar hulle het nie aan mekaar geslaan nie.”

Me. Featherstone glo die een wat sy hemp uitgetrek het, wou baklei.

“Ek het nooit die skote gehoor nie. Iemand het later vir my gesê daar is geskiet nadat ek weg is.”

•Die jong man wat met die glas in die gesig geslaan is, het sy verhaal vir www.mobserver.co.za vertel. Dit kan gesien word in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

•Die ander man wat betrokke was by die onderonsie, het onderneem dat hy vanmiddag sy kant van die gebeure sal vertel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button