News

Borgaansoek in vetkoek onderonsie aan die gang

Corrie Pretorius, die pa van vier wat teregstaan op klagtes van aanranding met die opset om ernstig beseer en die rig van ’n vuurwapen na ’n onderonsie met ’n Groblersdal tiener, se borgaansoek is vandag hervat.

Sy regsverteenwoordiger, advokaat JJ Venter, is tans besig met ’n aansoek voor die hof om die aanvanklike ondesoek te heropen.

Die aansoek word gebring op grond van ’n ooggetuie se verklaring wat laat gister onder advokaat Venter se aandag gekom het.

Volgens Venter sal die verklaring, indien dit deur die hof aanvaar word, ’n duidelike prentjie van die aand se gebeure by die vertkoekwinkel skets.

Pretorius doen aansoek om borg op ’n skedule een oortreding.

Venter voer aan dat die staat bloot staatmaak op die ondersoekbeampte se weergawe van gebeure.

Volgens Venter is daar gronde om sersant Japie Skhosana se getuienis deur die hof te verwerp, “omdat hy nie prosedures gevolg het tydens die ondersoek nie”.
Venter voer aan dat Skhosana “nalatig was”.

Volgens Venter sal die nuwe getuienisverklaring gebeure op die sowat 10 minute, wat die virale video van die onderonsie met die tiener voorafgegaan het, in konteks stel.

Die nuwe stel feite is glo in Pretorius se belang in die regverdige toestaan van borg.

Venter argumenteer dat borgtog vir Pretorius nie die vervolging van Pretorius sal beïnvloed nie, maar wel ’n impak op sy konsitutionele reg tot vryheid hê.

Aanklaer Billy Mudhavi is intussen stilgemaak deur landdros Nancy Mathavha, toe hy teen Venter se aansoek kapsie gemaak het.

Volgens Venter het hy reeds vir advokaat Mudhavi in kennis gestel van sy voorneme om die ondersoek vandag amptelik te heropen.
Die borgaansoek duur voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button