News

Ian Cameron het ook die appelkar in Middelburg kom omgooi – tot dorp se voordeel

Ian Cameron, wat landwyd in die nuus is nadat hy hardhandig uit ’n gemeenskapsvergadering deur die polisie in opdrag van ’n woedende polisieminister Bheki Cele verwyder is, het diep spore in Middelburg getrap.

Cameron was instrumenteel in die vestiging van Afriforum se buurtwag-groep in Middelburg.

Hy het egter sy net veel wyer gegooi as hoofdrywer van Afriforum se landelike veiligheidsstrategie, wat hom nou in kontak met slagoffers van plaasaavalle gebring het.

Cameron het onder meer ’n gedenkdiens by die Witkerk in 2016 vir die vermoorde Sue Howarth gelei, wie se moordenaars voorverlede Vrydag, in die Breytense rondgaande hof tot 20-jaar effektiewe tronnkstraf gevonnis is.

Tydens die gedenkdiens het hy gepleit dat mense by Afriforum se buurt, en landelike veiligheidsgroepe, inskakel.

Hy het gereeld in Middelburg kom besoek aflê, en was selfs hier met die polisie in skermutselings, weens die GPF se onwilligheid destyds om hande met ander veiligheidsgroepe, soos die dorp se radiogroepe, te vat.

Cameron kon egter daarin slaag om die plaaslike polisie bestuur sover te kry om amptelik te verklaar dat alle veiligheidsgroepe die polisie se vriende is, nie net die GPF nie.

Hy staar egter nou ’n veel groter hindernis as ’n kleindorpse stasiebevelvoerder in die gesig, en dit is die minister van polisiedienste self, Bheki Cele.

Cameron, deesdae direkteur van gemeenskapsveiligheid by die drukgroep Action Society, is Dinsdag by ’n gemeenskapsvergadering in Kaapstad, waar hy geweld aanpak, deur minister Cele verskree en beveel is om stil te bly of die vergadering te verlaat.

Cameron is later hardhandig deur polisielede uit die vergadering gestamp en hardhandig na sy voertuig gedwing.

Videomateriaal van die polisie eb Cele se optrede word sedertdien landswyd verdoem.

Minister Cele het met lede van die Nyanga en Gugulethu gemeenskappe vergader oor verskerpte polisiëring in die woonbuurte.

Cameron het minister Cele aangevat oor ’n terkort aan polisiëring, hulpbronne en opleiding wat als swak ondersoeke tot gevolg het.
Hy het minister Cele genooi om op nagpatrollie saam met die gemeenskap te gaan, sonder lyfwagte, ’n spogmotor en in gewone drag.

Cameron het die minister beskuldig dat hy ver verwyderd is van die realiteite wat dié gemeenskappe daagliks in die gesig staar.
Buite die saal is Cameron ampertjies uit sy baadjie uit gestoei deur polisielede wat hom beveel het om te gaan.

Soos www.mobserver.co.za Cameron goed ken, sal dié onderonsie net sy veglus vir gemeenskapsveiligheid aanwakker, soos die plaaslike GPF destyds op die harde manier geleer het.

Beide die DA en VF+ maak reeds hul stemme dik in die parlement oor die voorval, terwyl ’n petisie wat van stapel gestuur is, om Cele uit sy pos te kry.

Die skakel van die petisie is selfs deur die geliefde aktrise Simoné Pretorius, op haar Instagram-blad gedeel en het al meer as 70 000 handtekeninge.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button