News

Is muskeljaatkat die sondebok?

Verskeie dooie eende, ganse en kiewiete, is by die Dennesig dammetjies gekry en die vinger wys na ’n muskeljaatkat as die sondebok.

Frikkie van Vreden (14) het op die voëls afgekom, met hulle koppe afgeruk.

Hy het die dooie voëls gekry by die dammetjies tussen die Sterkfontein Gastehuis en Njalastraat.
Toe daar later na die karkasse gesoek is, was alles weg.

•Daar is navraag gedoen by afgetrede veearts, dr. Leon Connoway oor wat moontlik die ganse aangeval het.

Sou hulle in die water gedryf het, kon dit dalk ’n otter gewees het.
Hy is eerder van mening dat dit die werk is van ’n muskeljaatkat.

’n Otter is bekend daarvoor dat hy ganse of eende in die water doodbyt.

Dr. Connoway sê ’n muskeljaatkat slaan gewoonlik in die nag toe, wanneer die ganse, eende of kiewiete op hul neste slaap.
Die dier byt gewoonlik hul koppe af en kom die volgende nag terug, om die res van die karkas op te vreet.

Daar is al ’n otter gekry in die dammetjies meer suid in Dennesig en verskeie muskeljaatkatte is oor die jare op die dorp gesien of gevang.

• Rdl. Johann Dyason en rdl. Helda de Klerk het ook van die vrektes gehoor en was bekommerd dat dit moontlik iemand kon wees wat die ganse geskiet het met windbukse óf dat hulle van iets anders kon gevrek het.

Dooie eende, ganse en makoue sonder koppe is langs die dammetjies gekry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button