News

Jong man wat raakgery is, sterf selfde dag

Werner Beukes, die jong man wat Saterdagmiddag kort voor 16:00 op die brug in Samora Machelstraat raakgery is, is dieselfde aand oorlede.

Sy ma, Moira, het van die ongeluk verneem en haar na die toneel gehaas.

“My kind het nooit sy bewussyn herwin nie. Die dokter van die Middelburg Hospitaal het omstreeks 20:45 vir my ’n WhatsApp boodskap gestuur en gesê ek moet terugkom hospitaal toe. Met my aankoms daar, het hulle vir my die nuus gegee.”

Daar is aanvanklik gesê dat Werner (20) homself per ongeluk gepootjie het, neergeslaan en voor die aankomende voertuig beland het.
Me. Beukes sê dat die persoon wat hom raakgery het, gesien het dat hy oor die straat loop en oorbeweeg het na die ander baan.

Sy sê ’n ooggetuie het gesien dat Werner verward was en toe teruggehardloop het reg voor die voertuig in. “As hy aangehou loop het in die rigting wat hy gegaan het, sou hy nie raakgery gewees het nie. Dit was ’n blote ongeluk.”

•Die familie het nog nie begrafnisreëlings getref nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button