News

Beurtkrag kortwiek plaasaanvaller se vonnis

Die man wat betrokke was by die wrede plaasaanval in Roossenekal het vanoggend (Donderdag) vlugtig in die streekhof op Groblersdal verskyn.

Seun Mthimunye is reeds in November 2020 skuldig bevind na dié aanval.

Gina Otto en haar vriendin, Moeka Gravina, is op 24 Augustus 2018 oorval en aangehou. Hulle is vir ure gemartel en later langs die Lydenburgpad vir dood gelaat.

Seun Mthimunye is skuldig bevind na ’n plaasaanval.

Me. Otto is tydens ’n soektog gevind en daar is gevrees dat me. Gravina dood is, omdat sy nie opgespoor kon word nie. Sy is die volgende dag deur twee polisielede opgespoor en toe per helikopter na Middelburg gehaas vir mediese behandeling.

Lees ook: Plaasaanval – Aanvallers dreig ‘jy moenie weer terug plaas toe nie’

Daar is destyds berig hoe die aanvallers in Lydenburg prostitute opgelaai het, voordat hulle in ’n skietgeveg met die polisie betrokke was. Een van die aanvallers is doodgeskiet terwyl Mthimunye daarin geslaag het om te vlug.

Moeka Gravina is per helikopter na die Life Midmed Hospitaal afgevoer, vir mediese behandeling.

Ná ‘n soektog is hy uiteindelik gearresteer wat gelei het tot sy skuldigbevinding in die hof.

Hy het vandag in die hof verskyn vir vonnisoplegging, maar die saak is uitgestel, omdat beurtkrag die hof se tyd beperk het.

Hy sal in September gevonnis word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button