News

Is inspuiting in lang gras deel van al groter wordende dwelmprobleem?

’n Vrou het deur haar kantoorvenster gesien hoe ’n jong man, waarskynlik ’n dwelmverslaafde, homself inspuit.

Alhoewel daar nie met sekerheid gesê kan word dat die jong inwoner homself met dwelms inspuit nie, is dit waarskynlik deel van ’n groeiende tendens op Middelburg, waar dwelmverslaafdes hulle in die openbaar inspuit.

Die vraag kan tereg gevra word waarom gaan spuit hy homself in die lang gras?

Een van die bekende dwelmgebruikers wat hom in Walter Sisulustraat op die sypaadjie voor ’n motorhandelaar inspuit, Juandre du Toit, word die laaste paar weke nie meer gesien nie. Dit is onbekend wat van hom geword het.

’n Stukkende ma het vanoggend aan Daleen Naude vertel watter smart sy moet deurgaan, nadat haar mooi jong seun, weens dwelms gesterf het.

Fietsryers het onlangs gesien hoe spuit ’n verwaarloosde jong inwoner hom oop en bloot in Meyerstraat by ’n verkeerlig in die arm.

’n Ouma, Cathy Kriek, het ’n paar jaar gelede uitgeroep: “Hoeveel jong mense moet nóg sterf!”

Me. Kriek (77) se kleinseun, Wayne van der Walt (40), is dood, ’n dag nadat hy gevra het om die film, “Faith like Potatoes”, te kyk.
Wayne het gesterf weens die nagevolge van dwelmgebruik.

Hy was die 52 dae voordat hy gesterf het skoon, maar die dwelms het toe reeds te veel skade aangerig.

Me. Erika Venter (van GO Fish in die Fountain Corner gebou) was in haar kantoor, toe sy ’n beweging in die lang gras opmerk.
Sy het dadelik met haar selfoon videos begin neem.

Die man wat buite Fountain Corner in die lang gras homself ingespuit het.

’n Mens sien duidelik hoe ’n jong man met ’n sakkie vroetel en dan ook iets tussen die lang gras neergooi.
Op ’n stadium het hy ook ’n toutjie in sy hand.

Hy buig vorentoe en me. Venter het gesien hoe hy homself óf in die arm óf in die been spuit. “Hy het baie laag gelê terwyl hy besig was.”
Kort daarna staan hy op en byt die inspuiting dwars tussen sy tande vas, terwyl hy sy baadjie aantrek.

•Voor en na die spuitproses het hy die hele tyd rondgekyk of daar nie dalk iemand in die omgewing is nie.

•Die joernalis van www.mobserver.co.za het dadelik soontoe gery om die jong man se kommentaar te vra.
Met ons aankoms was hy reeds weg.

Jong dwelmverslaafdes bedel gereeld in die omgewing vir dwelms en dit is die tweede geval waar ’n inwoner gesien word dat hy homself inspuit.
Die vorige keer het die man wat hom inspuit ’n inwoner met ’n mes gedreig toe hy gekonfronteer word.

Die jong dwelmslaaf het toe weggehardloop.

Talle inwoners het intussen navore gekom en vertel hoe spuit dwelmverslaafdes hulle op straat in, terwyl selfs kinders dit moet aanskou.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button