News

Nkangala distrik in eindstryd teen Laevelders

Hierdie naweek is ’n groot wedstryd vir Nkangala distrik rugbyspan wat Elazini van die Laeveld pak, in die eindstryd van die streekwedstryde.

Afrigter, Henk Wessels, sê dat hul nog nie een wedstryd verloor het nie en môre is die groot dag om die beker huistoe te bring.

Die span bestaan uit spelers van beide Middelburg en eMalahleni (Witbank) en lyk as volg:
15 Vuyelwa Khosa, 14 Marcian Minnaar, 13 Dylan Cranco, 12 Junior Laas, 11 Mvelo Mthembu, 10 Christo Nelson, 9 Otto Botha, 8 Mario Kangeja, 7 Derick Haasbroek, 6 Stephan Kempen, 5 Joe Fourie, 4 Dawie Lange, 3 Waldo Nelson, 2 Lefa Seshaba en 1 MC Botes.
Plaasvervangers: 25 Jackson Madiba, 24 Justin Botha, 23 Stephan Rademeyer, 22 Tshegofatso Manamela, 21 Karabo Sebona, 20 Elandré Truter, 19 Ivan Skinner, 18 Armand Els, 17 Hendrik du Toit en 16 Stefan Nel.

Die wedstryd vind plaas om 15:00 op die Kees Taljaard stadion.

Ingang by die hek is R10 en om langs die veld te parkeer beloop die kostes R50 per voertuig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button