News

Familie hoor daar is ’n lyk op eMalahleni

“Die persoon wat oorlede is, het blykbaar ook tattoeërmerke, maar hulle kon nie uitbrei hoe dit lyk nie,” het Johan se tannie, Rita, gesê.

Familie van Johan Jacobs, die dwelmverslaafde wat al sedert 9 Junie vermis word, is pas in kennis gestel dat daar ’n ongeïdentifiseerde persoon in die lykshuis op eMalahleni lê.
Alle aanduidings is dat die oorledene weens ’n oordosis dwelms gesterf het.

Daar is vir www.mobserver.co.za gesê dat hulle tans besig is om met die ondersoekbeampte, wat die vermiste persoon saak hanteer, in kontak te kom, dat hy vir hulle kan reël om te gaan kyk of dit Johan is.

“Die persoon wat oorlede is, het blykbaar ook tattoeërmerke, maar hulle kon nie uitbrei hoe dit lyk nie,” het Johan se tannie, Rita, gesê.

•Johan het op 9 Junie die laaste keer met sy ma, Ansie Bosman, per selfoon gepraat. Hy het gesê dat hy iemand se foon geleen het om haar te bel en dat hy van Middelburg af bel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button