News
Trok en trekker bots trompop
’n Trokdrywer is dood in ’n botsing op die Carolinapad, sowat vyf kilometer van die Wonderfontein afrit.

Die drywer van die trok is oorlede, nadat dit reg van voor teen ’n trekker gebots het.
Die trok het in vlamme uitgebars.
Beide die brandweer en nooddienste is tans besig op die toneel.

Dit is onduidelik wat die oorsaak van die trompop botsing was.
Motoriste word gevra om die toneel versigtig te nader, of alternatiewe roetes te gebruik.
Van Wettens Insleepdienste is ook op die toneel vir opruimings, wat sal plaasvind nadat die polisie hul ondersoek afgehandel het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
