News

Kop onderstebo op brug terwyl naald in hul nekke gedruk word

’n Groep jong mans het kop onderstebo in ’n ry op ’n brug gesit, terwyl ’n ander een hulle in die nek spuit.

Middelburgers Douw en Etta Vosges het besluit om te vertel wat hulle op ’n brug in Durban (KwaZulu-Natal) by die ou suikerfabriek gesien het, na berigte oor dwelmverslaafdes wat die afgelope tyd verskyn.

Dit wys dat Suid-Afrika en nie net Middelburg nie, vasgevang is in ’n dwelmkolk wat besig is om buite beheer te spiraal.

Die egpaar het by familie in Durban gaan kuier en was geskok oor die openlike dwelmgebruik op sypaadjies.

Hulle het byna daagliks in die verbyry transaksies sien gebeur, maar daardie betrokke dag was hulle stom van verbasing, oor die toneel wat voor hulle afgespeel het.

Alles het reg voor hulle, op die sypaadjie gebeur.

“Een man het op die brug se reling gesit, so asof hy hulle moes vang as hulle omval. Voor hom het die groep, seker so vyf van hulle, gesit op kratte en ook op die grond.”

Die volgende oomblik het ’n man van voor af met ’n groot inspuiting van man tot man beweeg.

“Met die mans wat voor hom sit, het hy op ’n punt begin. Die inspuiting in hulle nek gedruk, uitgetrek, oorbeweeg na die volgende een wat kop onderstebo sit, ingespuit en weer uitgetrek! Ek kon my oë nie glo nie,” vertel Etta.

“Dit was erg om te sien, want ons kleinkinders was by ons in die kar. Dis verskriklik. Toe ons verby ry, kon jy sien van hulle is reeds in ’n trans,” sê Douw omgekrap.
Wat vir hulle opmerklik was, is dat die mense nie omgegee het dat almal hulle sien nie.

“Dit word oop en bloot op die sypaadjie gedoen, waar almal wat verby ry op daardie besige pad dit kan sien. Dit was nog erger vir ons, want ons was in die kombi en ons het direk afgekyk daarop.”

As hulle terugdink daaraan, is hul harte seer.

“Dis iemand se kind, iemand se boetie, iemand se pa van sy familie…”

Www.mobserver.co.za is in besit van die video, maar omdat van die jong mans se gesigte gesien kan word, kan ons dit nie publiseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button