News

Middie netbal meisies onder land se top-35

Hoërskool Middelburg se Thando Mokoena en Zanele Soviya is onder die land se top-35 netbal spelers.

• Phila Ntuli, Zanele Soviya, Thando Mokoena, Miché Leonard en Bohlale Sekhoto is opgeneem in die o/17 Mpumalanga-netbalspan.
Die span het vanaf 6-10 Julie in die Telkom Netball Challenge by Hoërskool Generaal Hertzog in eMalahleni gespeel, en derde in Suid-Afrika geëindig.

• Tydens die toernooi is Thando Mokoena en Zanele Soviya aangewys as twee van Suid-Afrika se Top 35 o/17-netbalspelers. Thando en Zanele speel albei vir Hoërskool Middelburg se eerstespan wat vanaf 7-9 Augustus by EG Jansen in die DStv Schools Netball Challenge gaan deelneem.

Thando Mokoena onder top-35 netbal spelers in die land.

Hierdie span eindig ook derde in Suid-Afrika tydens die All Ages Toernooi wat vanaf 27-30 Junie in Boksburg plaasgevind het.

• Drie van Middies se afrigters was ook betrokke by provinsiale spanne: me. Zelna du Preez (o/14 A1), me. Marlie Nel (o/17 A1) en me. Marinelle Smit (o/17 A2).

• Ander Middies wat in Mpumalanga-netbalspanne opgeneem is, is: Minihle Nkosi (o/16 Ndlovu), Jelani Mulder (o/18 Ndlovu), Thagang Nkareng en Dané Binneman (o/17 Inyathi), Rhulani Mabunda (o/15 Ndlovu), Rozel Kruger en Gcinile Sibiya (o/14 Inyathi), en Shantal Thompson en Elzani de Vaal (o/14 Ubhejane).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button