News

Asblik in parkie aan die brand gesteek

Vandale het gister die groot asblik in die parkie oorkant die Tosca Sentrum in Kanonkop aan die brand gesteek.

Teen vanoggend was daar niks oor van die asblik nie en het die afval wat in die asblik was, nog gesmeul en rook het in die lug gehang.
Die munisipale bordjie voor die asblik is weens die hitte van die brand beskadig.

•Rdl. Helda de Klerk, DA raadslid, was nie bewus van die brand nie en het gesê sy sal dadelik gaan kyk en dit by die toepaslike departement aanmeld.

Die gemors in die gat waar die asblik was, het nog gesmeul. Afvak was reeds sigbaar om die gat en op die sypaadjies langs die parkeerarea, aangesien daar nie meer ’n asblik is nie.

Sy noem dat die asblik juis twee jaar gelede opgesit is om die probleem met rommel in die parkie op te los.

•Met die joernalis se aankoms, was daar reeds oorvol en stukkende swartsakke op die sypaadjie langs die parkeerarea.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button