News

Wou gaan kos koop, toe word hy doodgeskiet

Sam Nyambo (31), die jong man wat gisteraand koelbloedig deur ’n rower doodgeskiet is by die wegneem-ete winkel in die Toscana Sentrum in Mineralia, was baie geliefd.

“Hy was altyd reg met ’n grappie,” se Renier van den Berg.

Renier en sy pa, Marius, is die eienaars van Ubunthu Gearbox en Diff waar Sam die laaste 10 jaar gewerk het.

Lees ook: Man doodgeskiet tydens gewapende roof in Toscana winkel Mineralia

“Sam bly net sowat honderd meter van die sentrum af en is soontoe om te gaan kos koop,” sê Renier.

Volgens Renier was sy vrou met hul tweejarige kind ook gisteraand by die sentrum om kos te koop.

“Sy het vir Sam buite gekry, met hom gesels en nog vir hom ’n sigaret gegee. Kort daarna het die roof plaasgevind en is Sam doodgeskiet. My vrou het dit met omtrent vyf tot ses minute gemis.”

Lees ook: Vier roof terwyl man in winkel dood lê

Renier was self op die toneel en is deur die polisie gevra om Sam te identifiseer.

Daar was ook twee ander jong mans, een van hulle ’n goeie vriend “wat vir Sam soos ’n broer was” wat saam met hom by die gebou in is.

•Lees in die Vrydag uitgawe hoe Marius en Renier vertel van hul vriendskap met Sam “wat deel was van ons familie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button