
Jimmy Stonehouse en sy troepe is reeds van vanoggend af besig met ’n oorwinningstoer deur die dorp, nadat hulle Griekwas in die Curriebeker eindstryd afgestof het.

Daar is alreeds by verskeie skole aangedoen, terwyl die Middelburg Observer en OH Frewin Drukkers vanmiddag op die program is.
’n Fotosessie gaan by die museum vir die druk- en gemeenskapspers gehou word met die beker.
Tydens vanoggend se verrigtinge is die Puma spelers en hulle suksesvolle afrigter verras met danspassies en ’n stampvol pawiljoen by HTS Middelburg.
Ironies een van Stonehouse se ou aartsvyande toe hy Hoërskool Ermelo afgerig en ook vir hulle eerstespan gespeel het.

Stonehouse is met ’n oopkap BMW beker en al gechauffleur deur Victor Henning.
Na elke skool se sang, het die Pumaspan besluit om die uitdaging te aanvaar en ook te sing waar die Curriebeker wenners daarna handtekeninge uitgedeel het.

