Angazi, we don’t know, ons weet nie
“Kanonkop en Dennesig se krag is gerrapporteer” sê raadslede, net jammer nie een van hulle weet hoekom die krag af is nie.

Die munisipaliteit is ook onbeskikbaar en klagtes word direk deur raadslede aan munisipale bestuur gerapporteer.
Inwoners wonder of sabotasie dalk agter die kragonderbreking sit, nadat elektrisiteit na beurtkrag herstel is, behalwe in Kanonkop en Dennesig.
Munisipale werkers staak weer sedert Maandag.
Volgens ’n onbevestigde WhatsApp boodskap kan kontrakteurs nie by die Lang-substasie inkom nie, weens sabotasie.
’n Ander vermoede, dat die oliegevulde kabel weer lek, is nog meer problematies omdat spesialiste ingeroep sal moet word, wat ure, selfs dae sonder krag kan beteken.
Verskeie raadslede met wie www.mobserver.co.za gepraat het sê dat hulle klagtes aangemeld het, maar niemand kan sê wat fout is nie.
’n Hersteltyd is ook nie beskikbaar nie.
Kommunikasiebeamptes van die munisipaliteit is onbereikbaar.
Oproepe word summier deur die kommunikasieamptenare wat lekker tuis sit, geïgnoreer.
