News

Pumas verras met helde-ontvangs

Middelburg het gister behoorlik die rooi mat uitgerol vir die Puma rugbyspan se besoek.

Afrigter Jimmy Stonehouse, was verras met die ontvangs en het tydens ’n besoek aan die Middelburg Observer gesê die span het dit nie verwag nie.

“Sê asseblief dankie vir die dorp, die ontvangs waar ons ookal gegaan het was verstommend,” het Stonehouse gesê.

Dié oud onderwyser en bobaas afrigter, sê hy kon nie glo wat die skole alles gedoen het om hulle te laat tuis voel nie.

“Die dissipline van al die Middelburg skole is uitstekend, ek moet hulle komplimenteer.”

Die span het ook die OH Frewin Museum vir die Druk en Gemeenskapspers besoek, maar nie die Curriebeker wat hulle teen Griekwas verower het in die museum agtergelaat nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button