Colin Hertzog en Herman van Niekerk het saam weggespring.
Middelburg Marathonklub (MMK) en Hoërskool Kanonkop het die wedloop aangebied vanaf die skool se velde.
Du Toit, ’n atleet van MMK het die wedloop voltooi in ’n tyd van 1.43.32.
Lizelle Bekker (Midack) eindig tweede in die Ope vroue met 1.57.44 en Yvette Botha (Run & Walk Fr Life – RWFL) derde met 2.16.47.
Die res van die uitslae is as volg: 21.1KM:
Vroue 50+: Magda Naudé (Midack) 2.51.31. Mans Ope: Stimos Ntuli (MMK) 1.16.21, Sipho Nguni (Sasol) 1.20.28, Dickson Thanyoni (Eskom) 1.21.13. Mans 40+: Malasi Nhlapo (Eskom) 1.30.10. Mans 50+: Mfana Ngenya (Eskom) 1.38.23. Mans 60+: Brian Smith (Midack) 2.13.29. Mans 70+: Gabriel Joubert (Midack) 2.16.56. 10KM: Junior vroue: Michelle Parks (Secunda) 42.41. Vroue Ope: Michelle Parks (Secunda) 42.41, Leanné Parks (Secunda) 48.04, Martie van Staden (RWFL) 54.23. Vroue 40+: Martie van Staden (RWFL) 54.23. Vroue 50+: Johanie Ferreira (Bethal) 1.28.19. Junior mans: Sandile Ndlangamande (Privaat) 39.12. Mans Ope: Hanco Cronjé (MMK) 34.24, Sandile Ndlangamande (Privaat) 39.12, Koketso Mofono (Privaat) 43.00. Mans 40+: Paulus Leshaba (MMK) 53.11. Mans 50+: Simon Mashiloane (Nkangala) 45.06. Mans 60+: Ernst van den Berg (MMK) 1.07.21. 4.9KM: Mans: Boholo Motsepe 23.12. Vroue: Carlie Nel 25.16.
Boholo Motsepe wys sy medalje nadat hy die 4.9km wedloop gewen het.Carlie Nel was eerste oor die wenstreep vir die vroue by die 4.9km.Die atlete van Middelburg Marathonklub wat Sondag die 21.1km post wedloop gehardloop het. Kobus Olivier, Raymond van Rooyen, Anton Nieuwoudt, Fransie du Toit en Des Jelliman.Johanie Ferreira ontvang haar prys as eerste 50+ vrou in die 10km van Piet Muller (adjunkhoof, Hoërskool Kanonkop).Hanco Cronjé het die 10km wedloop gewen en sy prys gekry by Piet Muller.Sandile Ndlangamande word geluk gewens deur Piet Muller as die eerste junior man by die 10km wedloop. Sandile was ook algeheel tweede.Fransuné du Toit word geluk gewens deur Piet Muller nadat sy die vroue-afdeling in die 21.1km gewen het.Paulus Leshaba ontvang trots sy prysgeld van Piet Muller. Paulus was die eerste 40+ man in die 10km.Die wenners van die 21.1km wedloop. Dickson Thonyani (derde), Stimos Ntuli (eerste) en Sipho Nguni (tweede). Heel regs staan Piet Muller.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.