Kanonkop, Dennesig sonder krag, sabotasie vermoed
Elektriese personeel van die munisipaliteit is tans onder veilgheidsbewaking besig om te soek na ’n elektriese probleem wat groot areas van Kanonkop en Dennesig, weer sonder krag laat.
Die krag het kort voor 03:00 vanmore afgegaan, en is steeds af.
Tot dusver was daar nog nie sprake van kabeldiefstalle nie, maar ondersoeke duur voort.
Sabotasie word vermoed.
As die probleem by die olie-gevulde ondergrdonse kabel lê, wat verlede week tydens ’n 50m lange kabeldiefstal beskadig is, gaan die woonareas nog ’n geruime ruk sonder krag wees.
Spesialiste moet van Gauteng af ingeroep word vir dié gekompliseerde herstelwerk.
Gewoonlik moet die lek eers gevind word, voordat herstelwerk kan begin.
Die kabel moet dan weer met olie onder groot druk opgevul word.
Dit is egter steeds onduidelik of dit wel die probleem is.
Www.mobserver.co.za wag vir terugvoer en sal inwoners opdateer sodra inligting ontvang word.
