News

Twee bene en 50 speke kan mens ver vat

21 Fietsryers, vier professionele spanne, 612km in vyf dae.

Vanaf 6 Augustus, het die sewende jaarlikse Mpumalanga fietstoer plaasgevind.

Hierdie fietstoer word aangebied deur HA Toere en geborg deur die Departement van Kultuur, Sport en Rekreasie van die Mpumalanga Provinsiale Regering.

Die toer het afgeskop in die Laeveld en die fietsryers het deur 10 dorpe gejaag soos Witrivier, Sabie, Graskop, Bosbokrand, Hazyview, Nelspruit, Badplaas, Carolina, Hendrina en afgesluit op 10 Augustus op die N11, net buite Middelburg.

Die professionele spanne wat deelgeneem het was Honeycomb Bee, DMS, Cycle Power en TEG.

Mark Pritzen van die Honeycomb Bee span in Gauteng, het die geel trui verower en die toer klaar gemaak met ’n totale tyd van 17 uur en 23 minute.
Saam met dit het hy ook met die groen trui (punte trui) en die polka dot (koning van die berge) trui weggestap.

Wenner Marc Pritzen (Honeycomb BEE span) (Geel Trui, Groen Trui en Polka Dot Trui).

Die wit trui (beste jong ryer) is verower deur Jason Eggett ook van Honeycomb Bee.

Twee fietsry skeidsregters van Fietsry Suid-Afrika, Bart Harmse en Rudi van Wyk, (beide van Middelburg) het dienste verrig tydens die toer.

Hendrik Wagener het namens die organiseerders sy dank uitgespreek aan die Mpumalanga Provinsiale Regering, elke deelnemer en beampte, asook aan die verskillende dorpe se provinsiale en munisipale verkeersbeamptes en SAPD personeel wat diens verrig het.

Pritzen was eerste, Jaco van Dyk tweede, Brandon Downes derde, Jason Eggett vierde en Jaedon Terlouw was vyfde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button