News

Munisipale skietery ‘geklink soos transitoroof‘

Die skote wat gister geklap het by die munisipaliteit is regdeur die dorp en ook duidelik by die Middelburg Stasie gehoor.

“Daar het ten minste 15 skote geklap en ek het gedink dit is ’n transitorooftog in die dorp. Ek was dadelik bekommerd oor my dogter en het gebel om te hoor of almal reg is,” het Johan Janse van Rensburg vanoggend gesê.

•Hy het eers later verneem dat die skote wat hy gehoor het, by die munisipale geboue was.

•Twee munisipale werkers is dood, nadat sekuriteitswagte tydens ’n konfrontasie op hulle geskiet het.

•’n Paramedikus wat van die ernstig beseerde mans wou help wat gister by die munisipaliteit geskiet is, is self aangerand.
’n Ooggetuie (wat anoniem wil bly) sê die paramedikus is geskop toe hy by een van die beseerdes gehurk het om te help.

•Voor die skietery het munisipale werkers bottels en ander rommel in Walter Sisulustraat gestort. ’n Vrou het gesê dat verskeie van haar bande deur die glasstukke beskadig is.

•Munisipale werkers het ook voertuie met klippe gegooi en in een geval tot R17 000 se skade aan ’n bakkie aangerig wat se vensters stukkend gegooi is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button