News

Middies te sterk vir Cambridge

Hoërskool Middelburg se o/16 en eerste krieketspanne het teen Cambridge te staan gekom.

o/16 – Middies klop Cambridge met 16 lopies. Middies 233/7 in 50 beurte en Cambridge 217/10 in 44.3 beurte.
Herman Potgieter moker 55 lopies van 106 balle, Gavin Genis 48 lopies in 44 balle en Katlego Baloyi teken 31 lopies aan van 31 balle.
Eduan Strydom staan in 10 boulbeurte 39 lopies af en trek vier paaltjies plat.
Gavin staan 29 lopies af in ses boulbeurte en neem twee paaltjies.
Eerstespan – Middies klop Cambridge met sewe paaltjies. Middies 142/3 in 35.1 beurte en Cambridge 136/10 in 31.5 beurte.
AJ Oberholzer boul 10 beurte, staan 34 lopies af en neem vyf paaltjies. Armand Bodenstein het drie kolwers uitgeknikker in agt boulbeurte en slegs agt lopies afgestaan.
Barend Kurpershoek teken 44 lopies aan van 65 balle en Jayden Scholtz teken 35 lopies aan van 30 balle nie uit nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button