Wamakerfees skop Vrydag af met toutrek
Die groot fees waarvoor almal wag skop Vrydag af met toutrek om 14:00.
Die wedloop wat Woensdagaand sou plaasvind is egter gekanseleer omdat die verkeersdepartement staak.
Die program lyk soos volg:
Vrydag 26 Augustus:
14:00 – Toutrek.
16:00 – Crossfit.
17:30 – Lee Scott.
19:30 – Leah.
Saterdag 27 Augustus:
07:30 – Springbokrugby.
09:00 – Kindervermaak – Driekie Olwage (Saul) in die skoolsaal.
10:00 – Talent kompetisie.
13:00 – Sterkmanvertoning.
15:00 – Watrek kompetisie.
16:30 – Stalletjie wenners en opveiling.
17:30 – Reynardt Hugo.
20:00 – Robbie Wessels.
Die ingangsfooie beloop R100 per dag en R180 vir naweekpakket vir volwassenes en hoërskoolkinders.
R70 per dag en R120 vir naweekpakket vir laerskoolkinders en pensionarisse.
Kaartjies is beskikbaar by HTS Middelburg se finansiële kantoor.
Daar sal ook kaartjies by die hekke verkoop word.
