News

Inbreker breek rustig in voor kameras

’n Inbreker het doodluiters voor CCTV kameras by ’n wendyhuis ingebreek, kraggereedskap gesteel en weer weggeloop.

Die videomateriaal is wyd op sosiale media gedeel en daar is vir www.mobserver.co.za gesê dat die inbraak by Lobeliastraat (Kanonkop) plaasgevind het. Daar is gemeld dat dit moontlik gister gebeur het.

Die inbraak het omstreeks 08:25 plaasgevind, terwyl die huismense reeds by die werk was.

Wat opmerklik is, is dat die dief glad nie senuweeagtig is met die honde op die erf nie, wat ’n mens dadelik laat vermoed dat die honde hom ken.

Hy loop na die wendyhuis toe en loer deur die venster om te kyk wat is binne.
Daarna ruk hy aan die slot, maar die deur is gesluit.

Hy wikkel egter die een buitevenster van die wendyhuis oop, loer eers in en klim dan rustig in.

Kort daarna tel hy ’n sweismasjien deur die venster en klim uit met ’n swaar sak, waarin waarskynlik die slyp- en boormasjiene is, aangesien dit vermis word.
Nadat hy alles opgetel het, loop hy weer rustig voor die kameras verby.

•Die afgelope tyd is daar talle voorvalle waar boewe in die nagte in erwe rondsluip in Kanonkop en Dennesig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button