News
Kranspoort is oop
Kranspoort is oop, maar die verkeer beweeg baie stadig en motoriste word gemaan om versigtig te ry.

Die poort was sedert vanoggend omstreeks 08:00 gesluit na ‘n ernstige ongeluk waar ‘n tenker wat swaelsuur vervoer het, beheer verloor en ‘n BMW in die laaste draai getref het,
Die bestuurder van die BMW is op die toneel dood verklaar en die passasier per ambulans hospitaal toe vervoer.

Die trokdrywer het nie beserings opgedoen nie.
Omdat die trok omgeslaan en van die swaelsuur in die poort beland het, het skoonmaakspannne tot laat vanaand gewerk
- Daar is gewaarsku dat die teeroppervlakte steeds baie glad is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
