News

Boerelegioen wil saamwerk teen misdaad

Die Boerelegioen het gisteraand saam met die Middelburg Polisie en die gemeenskapspolisiëringsforum ’n patrollie deur Middelburg se strate gery.

“Ons struktuur is anders as sommige groepe in die sin dat ons meer militaristies is, maar ons onderwerp ons aan die polisie se reëls. Dit was gisteraand lekker om saam met die GPF en polisie die patrollie te doen,” het kol. Arthur Hill (Boerelegioen) vanoggend gesê.

Hy sê die Boerelegioen stel hulle ten doel om saam met álmal in ons dorp, hetsy die GPF, radiogroepe, sekuriteitsfirmas en ook die gemeenskap te werk in die stryd teen misdaad.

•Vir enige navrae rakende die Boerelegioen en hul werksaamhede, bel kol. Hill by 083 870 9693.

•’n Volledige berig rakende die patrollie en hul suksesse, wat geïnisieer is deur die GPF, verskyn in volgende week se Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button