News

Luiperd ’n tierboskat wat in riool geval het

Die “luiperd“ wat werkers gisteraand by die Boskrans Rioolwerke, net buite Middelburg gesien het, was toe al die tyd ’n tierboskat.

Mnr. Gert Duvenage (voorsitter, gemeenskapspolisiërings forum, sektor 3.1) sê hy en sy vrou was deel van patrollies om misdaad te bekamp op die dorp.

’n Groot groep lede van die GPF, die Boereligioen en die polisie het gisteraand weggespring vanaf die Tosca Sentrum vir patrollies in Kanonkop en Dennesig, asook die res van die dorp.

Kort na 21:00 het hulle weer byeen gekom in die Tosca parkeerarea om te beplan vir die tweede deel van die aandpatrollie.
Twee mans het by hulle gestop en gesê dat hulle “’n luiperd gesien het by die Boskrans Rioolwerke.”

’n Paar GPF-lede het hulle soontoe gehaas en ’n tierboskat welpie gesien, wat in die riool geval het.
Hulle het op die brug oor die rioolwerke geklim en die welpie met ’n handdoek uit die riool gered.

“Kort nadat ons die noodnommer gebel het van die Dierekliniek het die veearts, dr. Belinda Kok en haar assistent, Wilna Jenkins, uitgekom om te help.”
Mnr. Duvenage sê die welpie was baie swak toe hulle hom uit die riool gehaal het.

“Toe ons egter by die Kanonkop Dierekliniek kom, het hy sy kragte herwin en hulle moes hom verdoof om hom kalm te maak.”

Met nadere ondersoek het hulle gevind dat die welpie beserings op sy nekkie en lyf het.

“Dit lyk of hy in ’n strik was.”

Dr. Kok en me. Jenkins het alles probeer om die welpie se lewe te red, maar het mnr. Duvenage kort voor 23:00 laat weet dat hy gevrek het.

Mnr. Duvenage glo die riool, beserings en stres het die welpie laat vrek.

“Dankie Kanonkop Dierekliniek dat julle bereid was om te help!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button