News

Op buiteband kan seekoei jou gryp

Middelburg se seekoeie hou baie meer van die Olifants- as die Klein Olifantsrivier!

Hulle kuier die laaste twee dae in ’n diep gat water in die Olifantsrivier op die Kromdraai grondpad uit (ou Middelburg/Witbankpad, naby eMalahleni).

Mnr. Freddy Rapatza, wat in die omgewing bly, sê hy het die seekoeie eergister omstreeks 17:00 gesien toe hulle kop uitgesteek het bokant die water.
Die volgende oggend het hy mense, wat water uit die watergat pomp, gewaarsku om versigtig te wees.

Www.mobserver.co.za het gistermiddag gaan kuier by mnr. Rapatza en hy het gewys waar hy hulle gesien het.
Hy het gister laatmiddag vir hulle uitgekyk, maar hulle nie weer gesien nie.

Vanoggend het hy hul spore langs die rivier gesien en besef dat hulle deur die loop van die nag weer by die watergat was.

•Mnr. Piet Wassenaar, wat ’n permit het van die Mpumalanga Toerisme en Parke en Agentskap (parkeraad) om probleemdiere te verwyder en te monitor, is in kennis gestel waar die seekoeie nou is.

Hy sê die seekoeie het die afgelope meer as twee maande heen en weer in die Olifantsrivier op beweeg en selfs sover as Hermansdal af gegaan.
Wat hom bekommer, is dat hulle al twee keer ook ’n draai in die Witbankdam gemaak het.

“Daar is oor drie weke ’n hengelkompetisie op die dam en mense kan met bote, kajakke en selfs met buitebande aan die kompetisie deelneem. Sou die seekoeie weer soontoe gaan, kan dit ’n groot gevaar inhou. Hengelaars met bote kan wegkom, maar ons is bekommerd oor dié op kajakke en buitebande.”

Hy is dankbaar dat daar tot op hede nog niemand beseer is deur die seekoeie nie.

“Toe hulle in ’n dam was in die Verena omgewing, het daar mense op die damwal gebly, maar die seekoeie het hulle nie gepla nie. Ons wil egter steeds mense waarsku dat die seekoeie veral in die nag uit die rivier klim en dan uiters gevaarlik is.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button