Mnr. Deon Cornelius het ’n hok uitgesit nadat hy die beseerde luiperdwyfie omtrent drie weke gelede tydens ’n brand op die wildsplaas gesien het.
Saterdagaand het die luiperd in die hok ingegaan en kon hulle haar verdoof om te kyk wat die aard van haar beserings is.
Die luiperd het erge beserings aan haar bek en tande en hy vermoed dat sy in ’n strik gevang en aan die strik gekou het om haarself te bevry.
Hy het die luiperd gisteroggend geneem na dr. Nolan Landman (veearts op eMalahleni) om haar onder behoorlike verdowing te ondersoek om te kyk presies watter beserings sy het en watter behandeling gedoen sal word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.