Sirenes was glo gevangenes wat baklei
Die sirenes wat die dorp aan die gons gehad het gisteraand, was van die Middelburg Korrektiewe Dienste.
Www.mobserver.co.za het betroubaar verneem dat daar ’n onderonsie tussen gevangenes was.
In so ’n geval word die sirenes aangeskakel, waarna lede wat in die Korrektiewe Dienste se woonstelle bly naby die tronk, uitgaan om hulp te verleen.
Volgens www.mobserver.co.za se kennis is niemand ernstig beseer nie en is die onderonsie vinnig onder beheer gebring.
•Marnus Uys, skakelpersoon van die Noodroep Radiogroep Sektor 3, sê hul lede het oral probeer navraag doen toe hulle die sirenes hoor.
“Daar is eers gesê dit is ’n ontsnapping, toe later het iemand gesê dit was ’n poging tot ontsnapping. Niks kon egter bevestig word tot nou nie. Ek glo as daar ’n ontsnapping was, sou ons nou al gehoor het daarvan.”
