News
Hendrina inwoners takel vullishope
Hendrina inwoners het Woensdag in hul massas opgeruk om die dorp skoon te maak tydens ’n gemeenskaplike skoonmaak-projek.

Me. Marlie Wolmerans vertel dat die skoonmaak-projek die inisiatief van inwoner, mnr. Dave du Plessis was.
Daar was ’n sterk opkoms deur beide inwoners en sakelui.
Me. Wolmerans het almal bedank vir die harde werk, maar ’n spesiale woord van dank gerig aan mnr. Louis Viljoen van Bomax Engineering, wat ’n vragmotor en meer as 20 werkers beskikbaar gestel het.
Mnr. John Lloyd word ook bedank vir sy voorlaaier wat gebruik is om die stortingsterrein toegangbaar te maak.
Die projek het sonder inisdente plaasgevind en inwoners kon vandag ’n skoon dorp met skoon strate geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
