News

Dorp steier onder misdaad, geweld

Die vrou se ma, en agtmaande oue baba dogtertjie was saam haar in die voertuig toe sy by die verkeersirkel deur twee mans in 'n taxi van die pad gedwing is.

Die duiwel is los in Middelburg waar ‘n reeks misdade sedert gisteroggend, rillings teen die ruggraat afstuur.

  • Om 07:30 moes ‘n plaaslike vrou in die loop van ‘n pistool vaskyk by ‘n verkeersirkel in Groenkol. Die vrou se ma, en agtmaande oue baba dogtertjie was saam haar in die voertuig toe sy by die verkeersirkel deur twee mans in ‘n taxi van die pad gedwing is. Die booswigte het laat spaander toe ‘n kar gelukkig agter die vrou by die sirkel inbeweeg het. Die vrou het haar twee susters by die skool gaan aflaai en was op pad terug huistoe toe die voorval gebeur het.
  • Tussen 09:00 en 11:00 Vrydag is mnr. Johan Hough se Ryobi rolsaag, en twee kantsnyers uit sy motorhuis tydens ‘n inbraak gesteel.
  • Oproerige stakers het ook gister, met die onluste in die middedorp, ‘n pa en seun met ‘n vuurwapen beroof. Die wapen is deur die voertuig se venster op die man gerig en die man is beveel om sy selfoon te oorhandig.
  • Vroeg vanmore, het mnr. Joe van Rooyen van die Kanonkop-veiligheidsgroep ‘n man met ‘n sak vol duur elektriese gereedskap betrap. Mnr. Van Rooyen was vroegdag onderweg na Pretoria waar hy skietliga uitdunne het. ‘n Skaduwee het hom opgeval, en toe hy sy bakkieligte na die skaduwee swaai, het ‘n dief ‘n groot sal laat val en laat spaander. Hy het van muur tot muur gespring en mnr. Van Rooyen ongelukkig ontduik. In die sak was ‘n kettingsaag en verskeie ander duur elektriese toeberhore. Indien inwoners van die area items uit hul erwe vermis, kan hulle mnr. Van Rooyen by 072 845 9726 met duidelike beskrywings van die items skakel.
  • Daar het ook ‘n voertuig by Bloekomsig gebrand. Die omstandighede rondom die insident gisteraand omstreeks 22:00, is egter onbekend.
  • ‘n Gewapende roof het ook gisteraand by Rondevour Bottelstoor by Cafe 101 plaasgevind. Die berig verskyn elders op die www.mobserver.co.za webwerf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button