News

Fat Cake City se saak weer in hof

Die man wat daarvan aangekla word dat hy ’n seun by Fat Cake City in Groblersdal aangerand het, Corrie Pretorius, het vanoggend vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn op onder andere ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen.

Pretorius word van die aanranding van ’n 16-jarige seun in die parkeerarea voor Fat Cake City in Groblersdal, aangekla.
Die aanranding het in Junie plaasgevind en ’n Tik Tok video van die gebeure, is deur duisende mense gedeel.

Daar was Dinsdag geen protesaksies voor die hof, soos tydens sy borgaansoek nie. Daar was egter ’n aantal EFF- en ANC-lede wat die hofsitting bygewoon het en die pad voor die landdroshof is deur polisie versper.

Die saak is vinnig uitgestel, aangesien Pretorius se regsverteenwoordiger, advokaat JJ Venter van Middelburg, nie vir die hofsitting opgedaag het nie. Volgens adv. Mudavhi het Venter die verkeerde datum gehad van die hofverrigtinge.

Die saak is uitgestel na ’n later datum.

Pretorius is steeds in aanhouding in eMalahleni by Paxton Korrektiewe Dienste vir verhoorafwagtendes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button