Ma se gedig vir haar seun wat in ongeluk sterf
Die gru-ongeluk wat Sondagoggend om 02:20 op die R38 tussen Bethal en Hendrina plaasgevind het, het ’n jong paartjie se lewens geëis wat “baie lief was vir mekaar”.
Gerrie Erasmus en Olga Erasmus is opslag dood, nadat hulle voertuig in ’n trompop botsing met ’n steenkooltrok betrokke was.
Gerrie (22) se ma, Adel, sê dat haar seun vir ’n Hendrina boer gewerk het.
Gerrie en sy gesin is lewenslange inwoners van Bethal.

Hy is beskryf as ’n “wonderlike mens wat baie geliefd was”.
“Hy was ’n natuurlike leier wat ’n groot indruk op mense gemaak het.”
Adel sê dat Gerrie en Olga vir vier jaar in ’n verhouding was, voordat hulle saam opslag dood is.
“Die twee het baie mooi by mekaar gepas. Sy was my dogter en ek was van die eerste oomblik wat ek haar ontmoet het, lief vir haar.”
Gerrie word oorleef deur sy pa Pieter, ma Adel, broers Rudolph en Pietman, albei grootouers, ooms, tannies, nefies en niggies.

Daar word Saterdag, om 09:00, vanuit die Bethal Oos gemeente vir Gerrie ’n private roudiens gehou, waarna hy op die familieplaas begrawe word.
Die volgende gedig is deur Adel ter nagedagtenis van Gerrie gedeel:
In the entire universe and in all time,
you are the only you.
Never before and never again will there be
another you.
You have talents and abilities that are uniquely yours.
No matter what you think of yourself there is
someone who depends on you.
Your strength is the strength they rely on.
No matter what your circumstances and history
your life makes a difference,
this world would not be the same without you.
Never again will your footsteps be repeated
on this earth.
Never again will your journey be made, so be proud
of whom you are and what you have achieved.
Stride boldly on your journey through life.
Leave a trail that others strive to follow.
Think no timid thoughts, take no timid steps,
this is your life, and it will never be repeated
so make the most of it…
Verskeie pogings om Olga Erasmus se familie te kontak was onsuksesvol.
