News

Wys jou talente by Kuns en Kultuur Kompetisie

Nou is dit jou kans om jou talente te wys by die Middelburg Uitreiksentrum se Kuns- en Kultuur Kompetisie wat op 23 en 24 September plaasvind by Rustique Boutique Hotel.

Die kompetisie is die perfekte byeenkoms vir die hele familie, waar stalletjies, vermaak en skouspel wag.

Kunstenaars het tot en met 7 September kans om in te skryf vir enige van die vier kategorieë.
Vir so min as R100 kan kunstenaars inskryf in sang, drama, dans of die kunsuitstalling.

Om in te skryf, kontak 071 464 0532 of stuur ’n e-pos aan admin@hvgd.co.za.

Besoekers is ook welkom om die naweek te geniet waar ’n fooi van R30 per volwassene of R10 per minderjarige tussen die ouderdom van 3 tot 13 vir toegang gevra word.

Inwoners kan na die volgende naweek program uitsien:

23 September:

Hekke open om 15:00
• Stalletjies
• Semi-finaal uitdunne
• Johan Britz in lewende lywe.

24 September:

• Stalletjies
• Finale uitdunne wat deur seremoniemeester, David Konrad, aangebied word.
• ’n Gala-aand met Elvis Blue.

Inwoners kan ook uitsien na ’n optrede deur Middelburg se eie “Shania Twain”, wat Vrydagmiddag om 17:00 by Midwater Spar optree.

Alle befondsing word aan die Middelburg Uitreiksentrum (HandeVatGroeiEnDien) oorgedra vir die verligting van nood en armoede.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button