News

Advokaat veg voort om Pretorius se vryheid

Corrie Pretorius, wat vir die aanranding van ’n 16-jarige seun in die parkeerarea voor Fat Cake City in Groblersdal beskuldig word, se appèl om borg word vandag in die hooggeregshof in Polokwane aangehoor.

Advokaat JJ Venter het vanoggend aan www.mobserver.co.za bevestig dat hy vandag in Polokwane sal verskyn om Pretorius se borg op appèl te plaas.
Hy het ook gesê dat hy die staatsadvokaat sal nader om vir ’n pleitooreenkoms te onderhandel.

Pretorius het gister vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn op onder andere ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen.

Die saak is egter uitgestel, nadat daar in die hof gesê is “Pretorius se regsverteenwoordiger is nie daar nie.”

Advokaat Venter sê dat die datum wat aan hul maatskappy deurgegee is vanaf die staat, gedui het dat die saak eers Vrydag, 9 September, sou voorkom en dat hy nooit die saak sou bywoon nie. Die saak is gister uitgestel na Vrydag, 9 September.

•Die aanranding klagte is in Junie geopen, nadat daar ’n Tik Tok video van die gebeure deur duisende mense gedeel is op sosiale media.
Pretorius is kort daarna in hegtenis geneem.

Hy is oorgeplaas na Paxton Korrektiewe Dienste vir verhoorafwagtendes, omdat hy glo erg deur sy mede-beskuldigdes aangerand is. Die hoofaanklaer op Groblersdal, adv. Billy Mudavhi, het bevestig dat Pretorius oorgeplaas is na eMalahleni “vir sy eie veiligheid”.

Intussen het Pretorius ook aansoek gedoen om borg by die Groblersdal Landdroshof, maar sy borg is op 29 Junie geweier.

Volgens landdros Nancy Nathavha is Pretorius se lewe in gevaar, sou borg toegestaan word. Dit ten spyte daarvan dat hy ook reeds in die Groblersdal aanhoudingselle aangerand is, en eMalahleni toe geskuif moes word.

In ’n verklaring wat deur die Groblersdal Landdroshof in die borgaansoek van Pretorius aanvaar is, het ’n ooggetuie vertel hoe ’n tienerseun Pretorius aanhoudend gekoggel het voor die onderonsie op video vasgevang is.

Daar is kos uit sy kosbakkie gevat, hy is gekoggel, gevloek, uitgelag, daar is gepoog om sy vuurwapen te gryp en opmerkings teenoor sy ma en pa gemaak, deur ’n groep dronk tieners.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button