News
Borg vir Corrie Pretorius na uittarting
Die man wat in die gevangenis beland het nadat eetgoed uit sy kosbakkie gevat, hy gekoggel, gevloek, uitgelag, daar gepoog is om sy vuurwapen te gryp en opmerkings teenoor sy ma en pa gemaak is deur ’n groep dronk tieners, het borg gekry.
Advokaaat JJ Venter het vanoggend Corrie Pretorius se borgaanspoek op appèl in die hooggeregshof op Polokwane hanteer.
Daar is R20 000 borg aan Pretorius toegestaan. op voorwaardes dat hy hom elke twee weke by die Marble Hall polisie aanmeld en sy paspoort inhandig by die ondersoekbeampte.
Die voorval waarin Pretorius na bewering ’n wapen op een van die tieners gerig, en die seun ook aangerand het, is op ’n 49-sekonde videogreep vasgelê en landwyd versprei.
Dit het tot ’n rasseherrie in Groblersdal gelei.
Die voorval het omstreeks 19:15 op 15 Junie in Fat Cake City plaasgevind waar hy kos wou bestel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
