Kuns en Kultuur Kompetisie: Inskrywingstydperk verleng
As jy kan sing, dans of skilder dan is nou die tyd om in jou talente te glo en in te skryf vir die Middelburg Uitreiksentrum se opkomende Kuns- en Kultuur Kompetisie.

Kunstenaars het tot 11 September om nog in te skryf in vier kategorieë wat sing, dans, drama of kuns insluit.
Vele kontantpryse is op die spel by die geleentheid waar jy jou talente voor ’n paneel beoordelaars kan vertoon.
Daar is ook natuurlik baie om na uit te sien vir die hele familie oor die naweek van 23 en 24 September, waar ’n mark, vermaak en ’n biertent beskikbaar is vir die publiek by die Rustique Boutique Hotel.
Die kompetisie word gehou om fondse in te samel vir die verligting van nood en armoede.
Kunstenaars kan vir R100 inskryf by enige van die vier kategorieë deur 071 464 0532 of admin@hvgd.co.za te kontak.
Ingangsfooie vir besoekers beloop R30 per volwassene en R10 vir kinders tussen die ouderdom van 3 tot 13 jaar. Toegang vir kinders onder drie jaar is gratis.
