News

Groot gevaar van wegholbrande

Die Groter Middelburg Brandbeskermings Vereniging (GMBBV) het ’n algehele brandverbod ingestel op grond van die 14 dae brandgevaar wat deur die brandgevaarindeks getoon word.

Volgens mnr. Helgaardt Müller, die voorsitter van GMBBV, lyk die langtermyn voorspelling gunstig vir die ontstaan en verspreiding van wegholbrande en dat brandpermitte nie uitgereik sal word nie.

Die GMBBV het ook binne die grense van die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande, die volgende regulasies daargestel:

• Dat geen persoon vanaf 7 September tot en met 31 Oktober (tensy anders ingelig) enige vuur in die ope maak, of as sodanige vuur gemaak is, dit toe te laat om te brand of brandstof/brandmateriaal daartoe by te voeg nie, met die uitsondering van: vure binne aangewese areas in karavaan parke, piekniek terreine of vakansie-oorde wat spesiaal voorberei en in stand gehou word vir die doel, met voorbehoud dat sodanige vure geblus word; vure vir voorbereiding van voedsel op residensiële erwe; vure op residensiële en of industriële erwe in geproklameerde informele nedersettings; vure gemaak vir inisiasie skool doeleindes, alleenlik op spesiaal voorbereide en instand gehoude areas om verspreiding van sodanige vure te verhoed of te voorkom.

• Dat geen persoon die brand of vernietiging van oes reste of veld, die brand van brandbane of blokbrande mag uitvoer nie.

• Dat geen persoon opgaarterreine van huishoudelike of tuinafval mag vernietig deur ’n brand nie.

• Dat in terme van Hoofstuk 7, Artikel 25 van die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande, Wet 101 van 1998, persone wat hul skuldig maak aan oortreding van toepaslike regulasies, onderhewig mag wees aan ’n minimum boete van R5000.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button