Spelers by muurbalfees in Bloem
Die muurbal liga het amptelik begin en Hoërskool Middelburg het verskeie leerlinge gehad wat in Bloemfontein aan die Suid-Afrikaanse Skole Muurbalfees deelgeneem het.
Die volgende leerlinge is vir die Mpumalanga junior muurbal spanne gekies.
• Seuns o/19: Kyle Longueira.
• Dogters o/16: Imke Grobbelaar en Jeané Bezuidenhout.
• Dogters o/14: Tyla Longueira.
Met die liga wat nou afgeskop het, het die dogters A-span, asook die seuns A-en-B-spanne aan verskeie wedstryde deelgeneem.

Die uitslae lyk soos volg met Middies se telling eerste:
• 10 Augusutus: Meisies A-span 11-4, seuns A-span 6–18 en seuns B-span 18–1 vs HTS Witbank.
• 17 Augustus: Seuns A-span 18–1 vs Cambridge.
• 22 Augustus: Seuns A-span 8–15 en gemengde span 5–11 vs HTS Middelburg.
• 23 Augustus: Meisies A-span 3–9, seuns A-span 16–6 en seuns B-span 7–3 vs Hoërskool Ben Viljoen.
Finale plasings van die liga is nog nie bekend gemaak nie.
Middies het ook aan die Interhoër in Secunda deelgeneem.
Die meisies A-span eindig algeheel tweede, seuns A-span derde en die seuns B-span eindig algeheel sesde. Die seuns B-span het ook in die A-afdeling gespeel.

