Vier stap elk met gesteelde motorwiel in hand huistoe
Nagsluipers was weer volstoom aan die gang in Dennesig en Kanonkop, met nie net motorbande wat in erwe afgesteel is nie, maar selfs plaveisel wat stuk-stuk weggedra is.
Veiligheidskameras in Steve Bikostraat het omstreeks 03:15 Woensdag, vier mans met ’n motorwiel elk in die hand, in die straat in Mhluzi se rigting sien stap.
Dit was net nadat plaveisel by ’n nabye huis uitgekap is.

Verlede week is daar ook bande gesteel.
Inbrake by Wendy-huise in Kanonkop en Dennesig het ook toegeneem.
Mid-Alarms het ook ’n betreder op die perseel van Danette’s Aesthetic & Laser gearresteer.
Die man is met ’n rugsak vol gereedskap vir inbrake, en ’n wielskroef, betrap.

Mid-Alarms se wêreldklas sekuriteitsprodukte het met die arrestasie gehelp.
Die man se beweging is met hoëdefinisie kameras in die beheerkamer gevolg.
Reaksiebeamptes kon hom dus moeiteloos opspoor en arresteer.

