
Dennesig inwoners is besig om in ‘n dik rookwolk te verstik, nadat weke se vullis skaars 50m van die naaste huise aan die brand gesteek is.

Die vullis het in massiewe vragte opgehoop weens weke se munisipale staking. Raadslid Johan Dyason sê hy het reeds die brandweer ontbied.

Raadslid Dyason het so pas laat dat die brandweer op die toneel was en gesê het hulle “kan niks daaraan doen nie.”
Brandweerlede het eers gister hulle sesweke wegblyaksie gestaak. Rdl Dyason het onderneem om die saak verder te voer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
