News

Papapavlou moord: Twee se borgaansoek uitgestel

Nog twee verdagtes het vandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn vir die moord op Raymond Papapavlou.

Hy is in Oktober 2020 op die plaas Rooikraal, tussen Stoffberg en Groblersdal, doodgeskiet.

Calvin Tseka (31) en Paulinah Mamalope Mafatle (57) is op 25 Augustus in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

Die borgaansoek is vandag tot laatmiddag in die hof aangehoor en die saak is uitgestel na Woensdag, 14 September, sodat hul borgaansoek voortgesit kan word, weens te min tyd in die hof.

Paulinah Mamalope Mafatle.

Tseka is Mafatle se biologiese seun.

Beide is verteenwoordig in die hof deur mnr. Tabiso Sibanda.

Hul verklarings is aan die hof voorgelê en die ondersoekbeampte, a.o Debbie van Zyl, het getuig oor hoekom die staat borg teenstaan.

A.o van Zyl het getuig dat beide Tseka en Mafatle telefoonkommunikasie met Patricia Ray-Lee Smith en Simoné Papapavlou gehad het. Hul het ook beide fondse van Patricia ontvang voor Raymond se moord.

Magatle het op 10 Junie 2020 R800, op 21 Junie 2020 R1 200 en op 1 Julie 2020 R500 deur middel van “money market” oorbetalings geld van Patricia ontvang.

Tseka het op 2 Julie 2020 R1 500 en op 1 Augustus 2020 R1 200 na sy Capitec-rekening ontvang van Patricia se Capitec-rekening.

A.o Van Zyl het ook getuig dat Tseka op 4 Oktober 22:25 kontak gemaak het met die huishulp van Raymond op Rooikraal.

Sy het gesê dat Raymond op 4 Oktober omstreeks 22:50 oorlede is.

Hy het ook glo na hierdie oproep sy foon afgeskakel en eers weer op 6 Oktober aangeskakel.

Sy sê ook dat Tseka reeds vanaf September met die huishulp in kontak was en dat daar ook SMS’e gestuur is.

•Raymond se vrou, Simoné, is na sy moord in hegtenis geneem en na ’n lang hofstryd op borg van R15 000 vrygelaat. Haar mede-beskuldigde, Patricia Ray-Lee Smith, is uit op borg van R5000.

•Die twee word albei, saam Tseka en Magatle, in November vanjaar vir Raymond se moord verhoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button