Vrou voel mes teen haar sy vir selfoon en R2 000
Wanneer ’n mes in jou sy gedruk word oorhandig jy jou waardevolste besittings.
Dit is presies wat Lida Bothma gedoen het, toe sy na werk beroof is.
Die voorval het Donderdag om 17:15, in Wesstraat op Belfast, plaasgevind.
Die rowers het haar van die werk af gevolg en ’n blok later getakel.
Haar selfoon (’n wit Huawei P40 pro) en R2 000 kontant is gesteel.
Haar verloofde, Chandré Blignaut, het haar hoor gil en die diewe agterna gesit.
Ooggetuies wat by ’n winkel gestaan het waar die rowers verby gevlug het, het vir Chandré gesê dat hulle weet wie die rowers is.
Indien iemand meer inligting het kontak Chandré by 064 900 5883.
Om die videomateriaal van die voorval te kyk, besoek die volgende skakel: https://vimeo.com/manage/videos/748679323
