News

Oorblufte vrou vind as van oorledene in Athlonedam

’n Vrou was Saterdag geskok om ’n gedenkkissie met die as van ’n oorledene in Athlonedam te vind.

Me. Chantelle Kleinhans was met haar dogtertjie by die park langs die dam, “toe ons water toe is om te gaan kyk vir vissies”.
Groot was hul verbasing toe hulle nie vissies nie, maar ’n kissie kry.

Die gedenkkissie het ’n meter van die dam se oewer af in die water gedryf.

Die kissie en as, behoort aan mnr. Cornelius J. Kloppers.
Hy is op 13 Maart 1945 gebore, en op 19 Februarie 2014 oorlede, volgens die gedenkplaatjie.

Op die kissie staan ook “Rus in Vrede”, met geen ander inligting daarop nie.

Daar is ook geen aanduiding watter begrafnisondernemer die kissie uitgereik het nie.

Me. Kleinhans is die dam in waar sy die droeë gedenkkissie uit die water gehaal het.

“Hy was kurkdroog en het gedryf, daar het geen water uitgekom nie en ek vermoed die kissie is dieselfde dag nog in die dam geggooi,” sê me. Kleinhans.
Me. Kleinhans sê dat dit moontlik is dat die kissie kant toe gedryf het nadat dit ingegooi is.

“Wie doen so iets,” het sy kwaad opgemerk.

Sy het die kissie huistoe geneem waar sy dit steeds bewaar.

•Indien iemand weet wie is die oorledene of hoe die kissie in die water beland het, kan hulle Gerhard Rheeder bel by 013 2431434.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button