News

Beurtkrag gaan Wamakerwedloop nie stop

HTS Middelburg bied vanaand die Wamakerwedloop aan.

Die wedloop sou twee weke gelede plaasgevind het, maar is gekanselleer as gevolg van die munisipale staking, wat drawwers sonder verkeerbegeleiding gelaat het.

Alhoewel daar vanmiddag beurtkrag is, vind die wedloop wel plaas. Die skoot klap sodra die ligte om 19:00 aangaan.
Registrasie open om 17:00,

Die wegspringpunt is vanaf HTS Middelburg.

Inskrywings beloop R40 vir die 4.9km roete en R80 vir die 10km roete.

Tydelike lisensies is slegs R40 vir die 10km atlete.

Medaljes sal aan die eerste 1 000 atlete oorhandig word.

Verskeie kontantpryse is ook te wen.

Vir enige navrae kontak Theuns Luus by 083 630 8729.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button