News

Huis reeds drie maal sedert Sondag besteel

’n Gesin in Njalastraat word al sedert Sondag, elke nag besteel gedurende beurtkrag.

Die slagoffer sê hulle vermoed dat dit die kind van ’n aangetroude familielid is wat die strooptogte saam met vriende pleeg.

“Hulle was Sondagmore, Maandagmore en Dinsdagmore in die erf,” sê die eienaar van die huis.

Sy sê dat drie mans vanoggend tydens beurtkrag in die buurt gesien is, nadat die mans van die huis, deur ’n buurman in kennis gestel is van iemand met ’n flits in die erf.

Een van die mans het botstil in die donker gaan staan, toe hy drie mans verder af in die straat agter ’n boom sien uithardloop het.

“Op grond van bure se beskrywings kan dit net die verlangse familielid wees,” sê die vrou wat beweer dat dieselfde man haar voorheen aangerand en gedreig het.

“Hy het vir my gesê hy sal my erf leegsteel,” sê die vrou.

Sy erken egter dat sy nie klinkklare bewyse het dat dit die betrokke man is nie.
“Ons sal hulle maar op heter daad moet betrap”.

Die huiseienaar sê enige los ding van waarde, soos fietse, gereedskap en ander eiendom, is reeds weggedra.
“Hulle mik nie vir goedkoop, nuttelose goed nie,” sê die vrou.

•Die slagoffer wou nie geïdentifiseer word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button