News

Drawwers staan verstom met aanskoue van helder rooi vlam

As jy soos ek saans agter geslote deure sit, dan het jy uitgemis op ’n helder wonder wat deur honderde drawwers by gisteraand se Wamakerwedloop gesien is.

Drawwers wat net na 19:00 op HTS Middelburg se sportvelde bymekaar gekom het, het ’n “vlam” deur die lug sien trek, kort voor die wegspring van die 4.9km wedloop.

’n Drawwer het vertel dat die vlam helder rooi was. Dit het uit die weste gekom, voordat dit net bo Rembrand Kafee uitgebrand het.
Die verskynsel was so kragtig dat ’n drawwer duiselig geword het met die aanskoue daarvan.

Die honderde deelnemers het nog gewag dat die afsetterskoot klap, toe vingers verstom na die hemelruim gewys het.
Binne ’n paar sekondes het hulle iets gesien wat hulle altyd sal bybly.

Op navraag het Ernst Marias, ’n plaaslike sterrekundige, teleurgesteld herken dat hy dit nie gesien het nie, en daarom nie kan bevestig wat die verskynsel was nie.
Hy kon bevestig dat hy nie bewus is van enige komeet of meteorietstortings nie, en sê dat ’n meteorietstorting buitendien nie die beskrywing pas nie.

“’n Meteorietstorting is baie kleiner en laat gewoonlik ’n klein wit strepie agter.”

As hy moes raai, kon dit moontlik ruimte-afval wees, wat dikwels aan die brand slaan, wanneer dit die atmosfeer van die aarde tref.

“Ek is bewus dat Space X onlangs ruimtevoertuie opgestuur het en dis algemeen dat gedeeltes van ruimtevoertuie stukke agterlaat na die lansering.”

Ruimteafval bestaan uit enige mensgemaakte tegnologie wat in die ruimte onklaar raak en dan gelos word om deur die heelal te dryf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button